In Januarie 2021, op die ouderdom van 21 was ek gediagnoseer met Epilepsie.
Dit was ‘n groot skok vir my en almal na aan my. Na verskeie besoeke aan dokters, ‘n internis en ‘n neuroloog, is my diagnose finaal bevestig en is ek op chroniese chemiese medikasie (Epilizine & Keppra) gesit.
Buiten my skok, ongeloof en die feit dat ek getraumatiseerd was met ontvangs van die nuus, het ek besluit dat ‘n lewe met chroniese pille nie vir my is nie. Ek was in 2021 ‘n finalejaar Aptekerstudent, so ek weet ‘n ding of twee van medikasiegebruik, hulle werking, newe effekte en nantuurlik die prosedure wat gevolg moet word om chemiese medikasiegebruik te staak.
My prayer warriors (ma en ouma) het saam met my ‘n pad van gebed en genesing begin stap. My ma het die boek, Met my God spring ek oor ‘n Muur van Christa van Rooyen, gekoop, en ordentlik bestudeer.
My ma het byna onmiddelik gebede gekry wat ons saam, en apart gebid het om die bloedlyn van enige en alle vloeke en kontrakte met die bose, skoon te maak.
Tussendeur die gebedsoorlog, het my ma vir Stefani Ernst gekontak, wat haar uiteindelik in kontak met Lechi en Hadassah Healing Oils gesit het.
Lechi het vir my ‘n protokol uitgewerk en ek het die olies dadelik begin gebruik toe dit by my uitkom die 2de Februarie.
Ek het Frankinsence and Myrrh Blend gedrink, Focus Blend aan my slape gesmeer en ingeasem, en saans Basil 5ml 10ml, Frankincense 5ml 10ml en Cedarwood 5ml 10ml diffuse.
Die 7de Maart 2021 het ek begin om die dosis van my chemiese medikasie te halveer. ‘n Maand later het ek dit weer halveer.
25 April het ek die pille heeltemal gelos en ek kan vandag getuig dat ek Epilepsie-vry is!
Prys Abba יהוה vir Sy getrouheid en vir Sy genesingskrag. Hy is ons Geneesheer. HalleluYAH!
Copyright © Hadassah Healing Oils 2024, All rights reserved • Powered by GoPeter Hosting
Discount Applied Successfully!
Your savings have been added to the cart.