Met Yeshua as my begeleiding in my journey kom ek voor die mooiste maar mooiste donkerrooi/donkerpienk MyrtleBome en Yeshua sê vir my neem my Hand en kom wandel saam met my vir die genesing en losmaking van jou sielsdimensie, kom ek help jou om af te laai wat jy op jou gevat het sodat jy weer lig kan word, vertrou my en jy sal vry wees vir altyd en vlieg met arendsvlerke……
Kom ek help jou om jou sielswonde te genees sodat die genesing kan begin manifisteer in jou fisiese liggaam!
Heilige Gees rig my om Lechi te nader en te vra vir trauma oop breek???
En in diffuser Trauma Blend te gebruik wat alle trauma wat nie hanteer is nie vanaf onderbewussyn oop te breek……wow wow wow…..
wonderbaarlik…..
En so begin my Trauma van kinderjare loskom en oopbreek, ek het begin droom daarvan en kon dit deur werk saam met Heilig Gees.
En Saam met dit is dit op my hart gelê om Vir Lechi te vra dat sy my help om Myrtle olie te kry en sy het….ek was so so geseën…..
Yeshua is so ‘n gentleman en Wil ons help in bevryding, losmaking van die dinge van die verlede wat ons terug hou, ons beroof van ons vrede en ons maak die leuns glo wat na jare se seer deur ons eie gedagtes gevorm word!!!!
Vandag kan ek getuig met dankbaarheid dat ek totaal vry is, en my sielsdimensie totaal genees is deur die gehoorsaamheid, my hart is SUPER GESOND!!!!!!
Dankie Lechi vir jou loop en wandel in die Waarheid en dat jy so fyn ingestel is op die Stem van Abba!