Restoring of the DNA of the Bride

Breast Health

Condition:

Breast Health

Testimony:

14 September 2022
Eerstens wil ek alle eer en heerlikheid gee aan God ons Vader en Jesus Christus, wat tot die dood toe gehoorsaam was en deur sy gehoorsaamheid kan ons nou staan in die volmaakte werk van die kruis, Heilige Gees dankie vir U alomteenwoordigheid.
Dankie Vader dat Lechi gehoorsaam was, en is, toe U haar die opdrag gegee het: “go and heal the nations”.
15 Augustus 2022 gaan ek vir n mammogram, skokkend kry ek die nuus, my Birads is 4 waar dit in 2018 – 3 was.  Die dokter wou ‘n biopsie doen.  Ek vra toe dat hulle my asb net kans gee om daaroor te dink.
Vir 1 maand gebruik ek dit presies soos sy aanbeveel het, en skielik word ‘n familielid gediagnoseer met borskanker wat ook na die borsbeen versprei het.  Vrees pak my en my geliefde man, my bors raak verskriklik sensitief en seer.  Waar ek in geloof en in die volmaakte werk van die kruis gestaan het, begin ek beweeg en lewe in vrees waar van Hy nie deel kan wees nie.  Een nag lê ek weer wakker en besef dat ek weg beweeg het van Hom, ek bid en vra vir Hom vir leiding en raad.
12 September word ek wakker, baie huilerig  en onseker, ‘n vriendin wat ‘n amazing pad met Hom stap bel my en sê vandag is die dag wat sy saam my dokter toe gaan dat ons nou kan uitvind wat die situasie is, en dit dan van daar af saam in eenheid kan aanpak.  Dokter stuur my na ‘n ander radioloog vir n biopsie.  Uitslae:  daar is nie iets om van ‘n biopsie te neem nie, my bors is beter as wat hy in 2018 was.
Dankie Pappa Vader

Images:

Videos:

Contact Person:

Contact Details:

Protocal to follow:

Products Used:

The Courier Guy