Hi Lechi, ek deel gou my testimony met jou.
Op die 10de Des 2020, presies 2 maande gelede, is ʼn melanoom uit my nek verwyder, asook ʼn klier om te toets of die kanker versprei het. Eintlik is die oorspronklike melanoom reeds ʼn week vantevore onder lokale verdowing verwyder, maar bykomende sjirurgie was nodig om seker te maak al die kankerselle is verwyder.
Die dag toe my laaste steke verwyder is het ek ʼn olie begin gebruik wat jy vantevore vir my gemeng het spesifiek vir letsels. Ek gebruik die olie twee maal per dag, en stuur vir jou foto’s sodat jy die resultate kan sien.
Copyright © Hadassah Healing Oils 2024, All rights reserved • Powered by GoPeter Hosting