Hi julle. Ek moet net hierdie getuig. Ek is laas week op die nippertjie genooi na ‘n seminaar van Haddasah Healing Oils wat deur Lechi van Rooyen aangebied was, 30 April 2021 in Rustenburg. Ek het nog nooit regtig essentiële olies gebruik of verstaan nie, en om in alle eerlikheid te sê ,was ek maar soos die meerderheid van vandag se mense wat op moderne medisyne staat maak, ‘n bietjie skepties. Maar dis asof die duiwel te hard probeer het dat ons nie daar uitkom nie, deur soveel struikelblokke in die pad te plaas, wat my net ekstra oortuig het dat dit presies is waar die Here wil hê ek moet wees.
Daar het soveel ligte vir my aangegaan wat my in awe laat staan het! Daardie vrou het so ‘n ongelooflike roeping op haar lewe, en haar journey was beslis nie maanskyn en rose nie, maar ‘n woeste grondpad.
Uiteindelik verstaan ek presies hoe ‘n mens se liggaam, siel en gees geconnect is, en hoe God al in die Bybelse tyd medisyne vir ons beskikbaar gestel het.
Ek verstaan ook nou hoe iemand ‘on the spot’ ‘n diabeet kan word asgevolg van trauma.
Ek vertaan nou ook hoe Runen in ‘n kwessie van ‘n dag, sy lus vir die lewe, die gebruik van sy regterkant, en sy spraak kon verloor het. Sy blink ogies was dof en dood. Hy’t rondgeloop soos ‘n zombie, en wou net slaap. Dit breek mens se hart as jy na jou kind kyk wat ‘n skaduwee is van sy eens lewenslustige self.
Mense het geskrik wat hom gesien het.
Vandat hy Maandag 18 April uit die hospitaal ontslaan is, nadat hy die RS virus gehad het en toe van die trauma om weer hospitaal toe te gaan gediagnoseer is met ‘Traumatic freeze response’, was dit net een groot struggle met reabilitasie. Ons wou hom net weer opgewonde kry oor iets, enige iets!
Nou kom ek weer terug na my oorspronklike storie. Lechi het na Runen se storie geluister, en Trauma Blend ( vir diffuser), Frankincense, Myrrh en Cedarwood pure oils aanbeveel, wat ek moes diffuse deur die nag terwyl hy slaap, en Spinal Therapy (KIDS) wat ek aan sy ruggie moet smeer.
Met ‘n wonderwerk wat net die Here kan doen, kan Runen vanaand reeds, Maandag 2 Mei, vir die eerste keer in weke sy hand oop en toe maak. Ek stuur 2 videos saam wat ek Saterdag, 30 April geneem het, net voor ek vir die eerste keer die olies gebruik het. En vanaand, Maandag, 2 Mei.
Sondag het hy vir die eerste keer weer sy rugby bal uit sy eie opgetel en bietjie gaan skop, en ook op sy skop scooter, op en af gery in die huis. Dis asof sy fluister stem, ook ewe skielik volume gekry het.
Vandag het maatjies kom kuier, en hy het weer back flips op die trampoline attempt. Hy het nie een keer op die bank gaan lê nie en selfs met die quad bike (waar jy die petrol met jou regter duim druk) op en af in die pad gery!
Julle, dis huge! Ek kan net op my aangesig neerval, en die Here loof en prys omdat hy net weereens vir my gesê het, my kind, moenie bevrees wees nie, ‘I’ve got you and I’ve got your son’.
Ek is vir die eerste keer in ‘n laaaang tyd ook weer opgewonde oor die pad vorentoe, en sien uit wat die Here my wil leer.
Dankie Abba
Copyright © Hadassah Healing Oils 2024, All rights reserved • Powered by GoPeter Hosting