My seun het skielik merke begin kry oor sy rug, wat oor die verloop van 2 maande, vereger het. Vertoon soos rek merke, maar hy is veels te maer daarvoor. Die dokter het bevestig, dit is wel rekmerke, hy groei te vinnig, en dit veroorsaak dat die vel skeur. Ons was verwys na ‘n vel spesialis, wat ‘n room voorgskryf het, en na die room opgebruik is, laser treatment voorgestel, aangesien dit al is wat gaan help vir die merke. Na al die room op gebruik is, was daar geen verbetering nie.
Die kostes vir laser was aansienlik hoog, en ek begin toe alternatiewe ondersoek. My vriendin stel my toe voor aan Hadassah Healing Oils. Ek bestel toe dadelik die Stretch Mark Blend, en smeer dit aan, oggend, aand, asook in die middae, wanneer dit gewoonlik baie rooi is.
Gebruik dit nou minder as 2 weke, en die merke is amazingly, soveel ligter. Moet eerlik wees, ek was glad nie ‘n voorstaander vir essential olies nie, maar eintlik het ek net nie genoeg daarvan geweet nie. Tydens my bestelling, en gesprek met Lechi, het sy vir my videos saam gestuur, wat meer verduidelik. Vir die eerste keer, maak ‘essential oils’ vir my sin, my kind se merke is amper weg, en ek kan nie genoeg dankie se vir jou kennis wat jy met ons deel nie. Weereens baie dankie.
Copyright © Hadassah Healing Oils 2024, All rights reserved • Powered by GoPeter Hosting