Testomonie oor Hadassah velsorg reeks
Ek is n skoonheidsterapeut en gebruik al 9 jaar n baie goeie medisinale velsorg reeks op my kliente en ook op myself. Met die maskers wat ons moet dra weens covid het my vel n verskriklike reaksie en irritasie begin maak. Hormone speel ook n rol. Lechi het die Hadassah velsorg reeks vir my voorgestel. Ek was maar skepties maar ook opgewonde. Die produk is absoluut verfrissend en het ongelooflike resultate. Ek het eers begin met die Anti-aging Face Cream. En my vel het gesond geword. Die Organic Face Wash is sag en ruik heerlik op die vel. Die Ancient Frankincense and Myrrh Scrub/mask is aktief en mens voel hoe werk die produk op jou vel. Dit is heerlik om die Face-to-Face Toner te spuit en te voel hoe die olies jou vel sommer kalmeer . Al hierdie produkte is van 100% essentiele olies gemaak en wat is nou lekkerder om te weet dat dit wat jy op jou vel sit…uit Jesus se hand uit kom. Vandat ek die Anti-ageing Face Oil gebruik het ek nog nie eers nodig gehad om my oogroom te gebruik nie. My vel is gesond en gevoed en jonk. Ek kan nie genoeg dankie se vir die fantastiese produk nie. Vir oud en jonk.
Copyright © Hadassah Healing Oils 2024, All rights reserved • Powered by GoPeter Hosting