Restoring of the DNA of the Bride

Nervous System Reset Testimony

Condition:

Nervous System Reset Testimony

Testimony:

Nervous system reset testimony
Ekt nou klaargemaak net die 22dae nervous system reset.
My BOLT score was 12.07sek en is nou 19.02sek.

Ekt nie FB nie maar wil graag net jou my getuienis deel..

Hierdie was regtig vir my lewensveranderend.
Ek het 3 kindertjies, 13,10 en 8jaar oud. Ek weet die Here se porsie vir ons op elke stadium is genoeg, maar ek kan nie help om te wonder hoeveel minder skade ek kon aanrig, het ek hierdie al voor my eerste swangerskap kon doen nie..
Dalk is dit Sy plan vir hulle om eerder die dor en droog en dood te geken het, om nuwe lewe en vrug duideliker te kan sien en self so te leer dat Abba WERKLIK iemand KAN verander..

Met my reaksies uit veg en vlug, kon ek net emosienele houe uitdeel en seer reaksies uitdra na hulle toe. Deur my optrede was ek gladnie vir hulle n veilige plek nie. En jy kon dit ook in hulle sien. Heeltyd baklei, kwaai,huilerig en seer. Sensitief en bang vir die een mens wat eintlik vir hulle n hawe van vrede en sekuriteit moes wees. Ek dik werklik nie aan nie.
In net hierdie 3 weke,kon ek vir hulle jammer sΓͺ, en werklik WYS hoe liede lyk. Die Gees het my paar keer al sulke kreatiewe maniere gegee om situasies te ontlont. Hulle is nou meer verdraagsaam teenoor mekaar, omdat ek meer kapasiteit het vir hulle. Hulle emmertjies is nou vol, omdat ek nie meer uit n plek van vrees reageer nie.

Ek bid al rerig jare vir deurbraak. Sodat dit wat ek in my kop weet van die Vader, sal weerspieel in my lyf.
Sodat die kennis wat ek van Yesua het, in my wandel sigbaar sal wees.
Sodat jare se ontmoetings met die Gees, Sy vrug in my sal dra.
Daar was nog nooit in my hele lewe iets waar die stappe so eenvoudig was, maar die resultate so radikaal was nie.

Deur julle gehoorsaamheid en harde werk het ek nou die ‘tools’ om in vryheid te stap, en doelbewus rus te kan kies bo chaos. Deur net asem te haal,te onthou dat Hy my Skuiling is..
Ek loof en Prys die Here vir Sy strome lewende Water wat nou uit n plek van rus uit my kan vloei. Ongeag die omstandighede.

En vir die eerste keer verstaan ek werklik Ps.23..
Veral vers 2: ‘Hy laat my neerlΓͺ in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.’

En dis uit hierdie plek van rus wat ek deur Hom kan lewe bring vir die om my, deur Hom wat ek Sy koninkryk kan uitdra vir n dorse, dorre wΓͺreld .

Dankie , dankie , dankie!!!!!!!!πŸ™ŒπŸ»πŸ™ŒπŸ»πŸ™ŒπŸ»πŸ™ŒπŸ»πŸ™ŒπŸ»πŸ™ŒπŸ»

Images:

Videos:

Contact Person:

Contact Details:

Protocal to follow:

Products Used:

December Deals Are Here!

Visit our Shop page and click on the December Sale filter to view over 400 products on special

For Distributors: Combine your wholesale discount with our December special for even bigger savings!