My 40 Days Journey – ’n Storie van Genade, Herstel & Herinnering
Amper drie maande gelede het my liggaam eenvoudig nie meer kon nie. ’n Ete uit het my duur te staan gekom en in ’n volle flare-up geëindig: inflammasie, erge gastritis, geswelde maag, pyn, lae energie… ek het gevoel asof ek uit lyn beweeg het met dit waarvoor ek gemaak is.
En dit het my diep getref: ek het myself laat gaan.
Maar toe kyk ek na die vroue wat al die 40 Days Journey voltooi het En sommige steeds is — hul moed, hul dissipline, hul geestelike groei. En ek sien dit ook daagliks in my praktyk wanneer van die vroue inkom vir hul scans: die lig in hul oë, die herstel in hul liggame, die vrede wat terugkeer. Dit het my herinner aan iets wat ek lankal weet: die Here roep ons altyd terug na orde, herstel en balans.
Ek het besluit om op te staan vir my eie gesondheid.
Ek het ’n volledige scan gedoen voor ek begin — en ek is dankbaar daarvoor, al was dit on gemaklik En glad nie lekker om my eie resultate te sien nie. Dit was my eerlike beginpunt… my “before”. ’n Kaart van waar my liggaam uit pas was en waar ek liefde en sorg nodig het.
Nou is ek maar nog net op dag 11, en ek kan net sê:
🤍 Die Here is goed. Hy herstel. JESUS NEVER FAILS.
My maag het gesak.
Inflammasie het bedaar.
My energie het begin lig.
My sisteem vind weer sy God-gegewe ritme.
Ek voel weer amper soos ek.
Ek het nie hierdie journey begin vir gewig nie — ek het dit begin vir herstel. Om my tempel terug te bring na eerbied en balans. En ook te voel iemand Hou my “accountable”. Die veranderinge tot dusver voel soos genade sigbaar gemaak.
Die geestelike deel van hierdie reis is vir my die diepste seën. As iemand self in bediening vergeet mens soms dat jy self ook ’n heilige plek van rus, herstel en herfokus nodig het. Hierdie journey bring my terug na daardie plek waar die Here orden, herstel en nuwe asem gee.
En na die 40 dae gaan ek weer scan — nie om tekortkominge te soek nie, maar om te getuig van herstel.
Om te sien wat verbeter het.
Waar vrede teruggekeer het.
En watter areas dalk nog sagtheid, tyd en genade nodig het.
Ek sien só uit na die res van hierdie reis.
Dankie, Alette en Lechi, dat julle ’n pad skep waar vroue En manne werklik kan herstel — liggaamlik, geestelik en emosioneel. Dit is ’n seën. Baie Liefde xxx