[09:47, 04/12/2025] Lechi Van Rooyen: Getuienis: Mineral Eye Drops
Ek het my oë laat lasik so om en by 10 jaar terug. Ná die lasik was my oë ongelooflik ligsensitief. Ek onthou, sodra die son in die ooste begin opkom het, het ek reeds my sonbril aangesit en die hele dag daarmee rondgeloop tot so laat as moontlik net om die ligsensitiwiteit te probeer verminder en my oë te help. Waar hulle tydens die prosedure my oë gesny het, het dit vir my gevoel asof daar heeltyd sand in my oë is. As gevolg daarvan het my oë skartweefsel gevorm.
Ek moet sê, daardie druppels het vir my wonderwerke gedoen! Ek dra glad nie meer sonbrille nie. Jy kan enige iemand vra wat my ken ek het altyd ’n sonbril in elke kar gehad, orals waar ek gery het. Maar regtig, daai druppels het ’n massiewe verskil gemaak.
Laat weet asseblief as jy nog van die druppels het ek wil beslis weer by jou bestel.
Dankie en ’n mooi dag verder. 🌷
Sy het dit 5 maande gebruik 👆🏼