Restoring of the DNA of the Bride

Condition:

Hot Flushes

Testimony:

Ek wil net vertel van die amazing Hormone Balance Blend tesame met Clary Sage, wat my van my vuurspuwende berge (gloede) in my binneste gered het.

Die wat my ken sal weet dat my tipe persoonlikheid nie goed doen met hormoonwanbalanse nie. Derhalwe, toe ek besef ek kry 10-grade warmer as my man, het ek geweet, dat dit my hormonale oorgang is na “oud” word toe, en het ek dit geensins goed gevat nie. Dit het regtig gevoel of daar ‘n vuurspuwende berg in my ontplof ‘n hele paar keer per dag, en die ergste was in die nag!!
Ek het by Vader se voete gaan sit, en letterlik Hom vertel dat ek verstaan my liggaam moet deur stadiums gaan, MAAR Hy het my gemaak soos ek is, en ek is nie lus hiervoor nie. Ek’t Hom mooi gevra vir grace synde die warmgloede en Hom elkedag daaraan herinner…

Paar dae van gloedgolwe het gevolg. Ek het dit tot bestraf (sonder sukses must I add). Ek het aanhou vra vir grace, want ek self is ‘n warrelwind so kombineer nou ‘n warrelwind met ‘n vuurspuwende ontploffing en jy kry basies ‘n lopende oorlog – iets wat ek nie wou wees nie maar wel was.

Anyway, my stunning skoonsus stuur ‘n video (van ‘n paar uur lank) vir my en sê net ek moet dit luister. Sy het geweet ek het die Ancient Biblical Oil praatjie geniet. Nou ja, die video is toe Lechi se video wat sy gemaak het tydens die landswye “huisarres” lockdown. Ek het sommer besluit dat dit die antwoord van my gebede was, en die grace wat Vader aan my betoon. Ek het by haar die Hormone Balance Blend gekoop sonder om te verduidelik wat my issue was. Die blend het gehelp maar nie soos ék wou hê dit moes nie. Ek het my trots in my sak gesteek, en besluit om haar te kontak, en raad te vra. Lechi het Clary Sage aanbeveel tesame met die Hormone Balance Blend. Ek’t my 2de botteltjie Hormone Balance Blend en my 1ste botteltjie Clary Sage gekoop, en binne 2 tot 3 dae nadat ek die 2 saam begin gebruik het, het my gloede daagliks begin verminder. Teen die tyd wat die Clary Sage botteltjie op was, was ek gloedloos, PRYS DIE HERE! Dit was seker amper 2 jaar gelede, waarvan ek nou praat en tot vandag toe, nog nie weer ‘n gloed gekry nie, en sukkel ek geensins met my hormone nie.

Alle eer aan Vader dat Hy my gebede beantwoord het deur my pad met Lechi s’n te laat kruis en dankie vir jou Lechi, wat weet hoe en wat om te gee sodat ons liggame weer inlyn kan kom met die Woord van God en homself kan stabiliseer – dis voorwaar ‘n blessing!

Images:

Videos:

Contact Person:

Contact Details:

Protocal to follow:

Products Used:

The Courier Guy