Liewe Lechi
Japie gebruik nou reeds amper 2 maande die Tinnitus/Hearing Blend en vanoggend skielik besef dat hy vaag en nog redelik dof vir die eerste keer weer kon hoor met sy linker oor. Kan jy dit oorvertel ?! Is die Here nie groot en wonderlik nie. Hy is so opgewonde soos ‘n kind vanoggend. Hy kan dit amper nie glo nie, en nou smeer hy sommer nog meer Tinnitus/Hearing Blend, hy wil nou begin duidelik hoor met daardie oor.
In die weermag het die mans geskiet sonder enige beskerming, so iemand wat regs skiet, word doof aan die linkerkant. Sy linkeroor was dus heeltemal doof. Nou na 2 maande se gebruik kan hy skielik weer effens hoor, wou dit net deel want ons is verskilik baie opgewonde.
Copyright © Hadassah Healing Oils 2024, All rights reserved • Powered by GoPeter Hosting