Restoring of the DNA of the Bride

Condition:

Eczema on hands

Testimony:

Ek sukkel al van kindsbeen af met ekseem. Ek het as laerskoolkind myself stukkend gekrap want die jeuk was onuithoudbaar. Op hoërskool het dit beter geraak soos wat ek en my Ma al hoe meer kleurstofmiddels en reukmiddels uit ons daaglikse lewe uitgeskakel het.

Ek het weer op universiteit verskriklik gesukkel met ‘n kontak dermatitis op my hande wat na my bo-arms versprei het. Ek het letterlik vir maande met hierdie aaglikge ekseem op my hande gesit.

Op die ou end het ek maar chronies baie sterk kortisoon salwe begin gebruik.  Nadat Vader my kom bevry het van’ n Verwerpingsgee,  en ek dit bely het, het my hande byna heeltemal gesond geword.

Met Covid kom die ekseem nou en dan terug omdat ek in die apteek my hande kort-kort met alkohol moet behandel.

My vel het van al die kortisoon salwe vreeslik dun begin word.

Ek en Lechi is ou kennisse en ek het haar geraadpleeg omdat ek gehoor het hoe goed die olies werk.  Sy het haar Irritable Skin Support (Exzema) Blend voorgeskryf. Ek het ONMIDDELLIK verligting ervaar, en die rooiheid, het binne ure weggegaan.  Ek het haar olie elke aand aan my hande gesit.

Nou sit ek dit aan voordat ek inkopies gaan doen, voor werk ens, want dit maak ‘n beskermde laag om my hande, sodat die alkohol sepe nie my hande so skurf maak nie. Ek gebruik GLAD nie meer enige kortisoon salwe op my hande nie.

Prys die Here dat Hy alles voorsien het wat ons nodig het uit die natuur! Dankie Lechi vir jou gehoorsaamheid.

Images:

Videos:

Contact Person:

Contact Details:

Protocal to follow:

Products Used:

IRRITABLE SKIN SUPPORT (ECZEMA) BLEND 30ML
R380.00 Incl. VAT
The Courier Guy

December Deals Are Here!

Visit our Shop page and click on the December Sale filter to view over 400 products on special

For Distributors: Combine your wholesale discount with our December special for even bigger savings!