Restoring of the DNA of the Bride

Brain communication restoration

/
Brain communication restoration

Condition:

Brain communication restoration _ Brein kommunikasie herstel

Testimony:

Getuienis van kommunikasie herstel in ons 9-jarige seun se brein.

Ons oudste seuntjie is gediagnoseer met Acute lymphoblastic leukemia (ALL) Oktober 2020, toe was hy 7 jaar oud. Ons is deur ‘n intensiewe chemo en radiasie program vir 7 maande en Julie 2021 is hy amptelik verklaar in remussie en skakel ons oor na die maintenance chemo plan vir 3 jaar. Hy kon ook terug gaan skool toe wat sy gemoed wonders gedoen het.

Hy het regtig goed gedoen, kon weer aan sport deelneem en het alles met ekstra oorgawe aangepak. Oktober 2021 is sy ouma oorlede aand kanker en April 2022 het hy die RS virus gekry.

Omdat sy witbloedselle nog laag is moes hy weer opgeneem word in die hospitaal. Die trauma om weer in ‘n hospitaalbed te lê en alles wat die laaste jaar gebeur het, het sy liggaampie in skok laat gaan.

Sy regterkant het al hoe swakker geword tot op ‘n punt wat hy nie sy regterarm kon optel en sy hand oop en toe maak nie. Sy been het gesleep en sy spraak het swak geword.

Ons het groot geskrik! Daar is hordes toetse en ‘n MRI scan gedoen wat, dank die Here niks abnormaal neurologies gewys het nie.

Hy is toe gediagnoseer met traumatic freeze response agv die trauma.

Ons energieke, altyd positiewe seuntjie het omtrent die dae omgeslaap en as ons hom kon op kry het hy soos ‘n zombie rondgeloop.

‘N vriendin het my toe saamgenooi na een van Lechi se seminare. Ek het op daardie stadium niks van essentiële olies geweet nie, behalwe dat dit lekker ruik en natuurlik is.

Ek het ons situasie aan Lechi verduidelik. Sy het voorgestel om met Cedarwood en Trauma blend te diffuse en Spinal Therapy op sy rug te smeer oor sy werwels.

Ek het net die wete in my hart gehad dat die Here haar oor my pad gestuur het om ons seuntjie te help.

Na 2 dae doen Abba nog ‘n wonderwerk in ons kindjie se lyf en herstel die kommunikasie in sy brein na sy ledemate toe. Hy kon weer loop sonder om sy voet te sleep, sy arm oplig en sy hand oop en toe maak. Hy het ook uit sy eie weer ‘n rugbybal geskop en sy skop scooter gery.

Sy oë het ook weer lewe begin kry en hy het vinnig genoeg herstel om die laaste 3 wedstryde van die rugbyseisoen te speel!

Mense wat hom ‘n week voor die olies gesien het, kon nie glo dis dieselfde kind nie.

Ons sal ewig dankbaar wees dat jy gehoorsaam is aan God se plan vir jou lewe, Lechi ❤️ Abba het jou gebruik om ons liefste kindjie se lewe vir hom terug te gee.

Mag jou lewe en besigheid geseënd wees met net voorspoed.

Nileta Prinsloo

Images:

Videos:

Contact Person:

Nileta Prinsloo

Contact Details:

0825208055

Protocal to follow:

Products Used:

The Courier Guy