My man het ‘n ongelooflike groot bloed klont in sy linkerbeen agter sy knie gehad. Sy hele been was dood en het geen gevoel oor gehad nie. Hy was opgeneem in die hospitiaal en na baie scans en bloed verdunning (gebed en gebed en nog baie gebed) is hy in vir operasie om die bloedklont te skiet. Na ‘n baie suksesvolle operasie het alles goed verloop maar een nagevolg was die sirkulasie in sy been was net nie weer dieselfde nie. Sy tone het ‘n dooie gevoel bly toon. Hy was raadop. Dit het gemaak dat hy nie kon oefen, en beweeg soos hy graag wou nie.
Ons het Cell Rejuvenation op sy lae rug, rugstring en voete begin vryf in die aande. Na die derde or vierde aand het hy my in die middel van die nag wakker gemaak met: “kyk my tone, kyk my tone”!!! “Hulle het lewe begin kry en ek kan hulle voel!”
Dit was ook ‘n groot draaipunt in ons huis van ‘n gesonde alternatief gebruik vir genesing. Ons gebruik gereeld die Cell Rejuvenation, sommer nou vir enige kwaal. En natuurlik vir lekker diep slaap!
Baie dankie liefste Lechi vir jou pad wat jy saam ons loop.