My man het die afgelope 10 jaar vreeslik gesukkel met baie seer blase, en velreaksies onder sy voete. Elke dokter, spesialis, medisyne en salfie het of nie gewerk nie, of die genesing was van baie korte duur.
Na Abba my op die pad van olies geplaas het, het ek elke dag biddend, vir omtrent 3 weke Hadassah se Cell Rejuvenation en Hylicrysim aangewend soos deur Lechi voorgeskryf. Soos ek gesmeer het, het sy voete totaal en al getransformeer, en reeds binne 1 dag, ‘n besonderse verbetering, en draai gevat.
Soos ek gesmeer het, het hy baie maal emosioneel geraak, en genoem dat hy weet die Here doen ‘n diep werk binne hom (meer as net sy voete); herstel en genesing. Dit was in Februarie 2021, ons is nou al amper in Oktober, en die probleem is basies uitgesorteer. Met tye ‘flair’ dit bietjie op, maar dan olie en bid ons weer en die Geneesheer kom en raak hom aan.
Ewig dankbaar vir Sy getrouheid, liefde en beautiful natuurlike maniere waarmee Hy ons geseën het!
Copyright © Hadassah Healing Oils 2024, All rights reserved • Powered by GoPeter Hosting
Discount Applied Successfully!
Your savings have been added to the cart.