Liewe Lechi
Ek wil vandag sommer net uit my hart dankie sê. Ek het jou “introduction to healing oils” gekyk en dit het ongelooflik baie vir my beteken. (https://www.youtube.com/watch?v=8sV1Cc6N6qE&t=1535s)
Ek het die begin van die jaar vir die Here gevra om die laaste van die dinge wat pla uit te sorteer. Ek het na altwee my kinders se geboorte baie gesukkel met angs. Dit het my laat besef dat ek iets dieper het wat ek moet hanteer. Ek was ‘n hele paar keer vir berading, maar daar bly steeds stukkies agter. Ek het van jou gehoor en eintlik maar net ‘n lys van fisiese dinge wat verkeerd was vir jou gestuur. Gelukkig het jy nie net ‘n pryslys en olie resepte aangestuur nie, maar ook jou lering. Dit was vir my ‘n openbaring.
Ek het geweet trauma maak die liggaam siek, maar het nie geweet dit kan oopgebreek word deur essentiele olie of enige ander medikasie nie. Ek dink dit is wat my so opgewonde maak en dit laat my besef dat die Here jou werklik oor my pad gestuur het.
Ek kan nie glo ek het nooit so daaraan gedink nie. Dit was vir my ongelooflik om te besef hoe die Here die plante en mense in werklikheid gemaak het, elkeen se DNA uniek. Dit was vir my so spesiaal om te besef dat Hy oor my geblaas het van aangesig tot aangesig.
Jy het letterlik vir my die behandeling van siektes en die geestelike bymekaar gebring, dit was altyd iets waarmee ek gesukkel het.
Ek gebruik nou maar net vir ‘n week van die olie mengsels, maar kan reeds ‘n verskil agterkom.
Baie dankie vir die mooi lering.
Groete
Yvonne
Copyright © Hadassah Healing Oils 2024, All rights reserved • Powered by GoPeter Hosting