Hi Lechi, ek hoop dit gaan goed jou kant. Ek wou sommer net vir jou ‘n persoonlike getuienis stuur. Ek het aan die begin van my 40 dae (Aug groep) weer my ystervlakke laat toets aangesien ek na Covid vreeslik gesukkel het met lae yster. Ek het ‘n paar maande terug besluit ek is klaar met die yster pille & Jesus vertrou om my wys wat ek moet verander om dit op ‘n natuurlike manier reg te stel. Met my laaste toetse in Aug het my lesings gewys my yster is “critically low”. Op jou fb aanbeveling het ek vir my Koper pille & Aneamia druppels by Be Blessed gaan koop. Verlede week het ons rondte 2 klaar gemaak & ek het weer my yster laat toets. My ginekoloog het sopas ‘n epos gestuur met haar terugvoer.. sien hieronder 🤩. Dankie Jesus!! Ek is ongelooflik dankbaar dat Jesus die detox oor ons pad gestuur het. Ons het lank gebid daarvoor & op die regte tyd, het Hy dit vir ons gewys. Mag Jesus jou olies & die detox gebruik om nog vele genesings vir mense daar buite te bring. Tonne seën & liefde vir jou, Cindy le Roux
![]()
Discount Applied Successfully!
Your savings have been added to the cart.