Restoring of the DNA of the Bride

Condition:

ADHD

Testimony:

Hi liewe Lechi

Ek hoop dit gaan goed.  Jammer so lank geneem.  Ek was nie seker hoe kort ek dit moet doen nie. Hoop dis ok. Laat weet maar.

Ek stuur die testimony..

As gereelde gebruiker van Hadassah olies het ek onlangs ook die ADHD Roll-on begin gebruik. Ek was stomgeslaan!!

Dr Steve Stephens skryf,” memories are stored chronologically, but trauma stored topically”… net so kon ek altyd my ervarings kronologies oorvertel maar sonder die diep verborge trauma omdat ek myself van jongs af geleer het om alle trauma te onderduk en te begrawe.

Op 13 jarige ouderdom het ek twee van my vriende oortuig om saam weg te loop op soek na ons “droom”,veral nadat ons ons eerste motor gerol het.
Langs donker paaie, op treine, deur dronkaards opgelaai en ander karakters kom ons 21.30 in Witrivier aan, 300km van ons tuisdorp.  By die garage waar ons in die badkamer oornag, kyk ek met groot verbasing hoe die Engelsman bo op die wasbak klim, warm water intap omdat sy voete koudkry… Die volgende aand kom ons in die donker by Pelgrims Rus aan en glip by die karavaanpark in waar ons langs die rivier gaan slaap.

Nadat ek die die olies begin gebruik het, het ek erge emosionele wroeging begin ervaar, en word die bogenoemde kronologiese geskiedenis ‘n emosionele werklikheid…

Toe ons in Witrivier aankom om 21.30, is dit reeds stil in die dorp. Terwyl ons afstap na die garage ervaar ek ‘n holkol op my maag, en brand die emosie in my siel terwyl ek na die huise aan my linkerkant en regterkant van die straat kyk. Die lampies en ligte in sitkamers, kamers en kombuise trek soos ‘n magneet aan my siel en smag ek ook na die warmte,”belonging” en familie van ‘n huis.

Die volgende aand, terwyl ek in my slaapsak langs die rivier le en staar na die pragtige hemelruim,sterre en maan wonder ek waarom my pa niks van my hou nie.  Voor die ouderdom van 13 het ek dan skrumskakel begin speel, mal oor atletiek, sing in ‘n bekende seunskoor, en het voor groot gehore in stadsale opgetree, boer reeds met groente en het al my eerste 1000 hoenders grootgemaak, besit ‘n klein lab, …dan vervaag die lys en die emosie want ek moet dit begrawe om te oorleef en my pelle mag nie sien ek is swak nie!  So het talle emosies my siel oorspoel na die gebruik van die olies.

Soms voel dit asof ek in trane swem maar nie asof ek gaan verdrink nie, want ek swem na die anderkant van die wal toe, waar Jesus in Sy witkleed staan…en Lechi met haar olie.

Ek hoop dis ok. Die Here seen jou! Ek bid steeds vir jou.🌼

Images:

Videos:

Contact Person:

Contact Details:

Protocal to follow:

Products Used:

The Courier Guy