Ek en my man is al 11 jaar getroud en het 2 pragtige kindertjies. Ek het hom ontmoet en hy het my vertel dat hy ADHD het. Ek het altyd gedink dat dit net beteken iemand is bietjie besig, so ek het nie veel daarvan gedink nie. Soos die tyd aangestap het, het ek besef hoe ernstig dit is. Dit beteken erge gemoedsveranderinge, impulsiwiteit, onvanpaste emosies, uitbarstings, onttrekking van die wereld met tye, slapeloosheid, impulsiwiteit, angs en ‘n verslawings geneigdheid. Ons het deur ‘n erge traumatiese tyd gegaan waar als wat ons besit het gesteel en verbrand is en ons ontsnap het met ons lewens. My man het nie gepraat oor daardie trauma nie en ook nooit oor sy vreeslike traumatiese kindertyd nie, maar het homself toegegooi met werk om te probeer opstaan. Hy het al hoe meer en meer Concerta begin gebruik om te kan konsentreer vir 18 ure ‘n dag met sy uitdagende beroep as SAP argitek. Meer Concerta het beteken dat hy nie kon slaap nie en hy het begin om baie slaappille te gebruik. Ek het sy pille vir hom geen kry en hoe meer hy gebruik het, hoe meer moes ek verskillende dokters gaan sien om voorskrifte te kry. Ek was bang vir sy uitbarstings as hy nie die pille kry nie. Sy pille het my grootste vrees geword- ek was bang vir wie hy was as hy nie het nie. Hy het tot 2 maande gelede nog 8 tot 10 Concerta pille van 54mg elk per dag gebruik. Dit was ‘n hele proses om te onthou by watse dokter ek ‘n voorskrif moet kry en by watse apteek ek kan gaan pille kry. Ek was vreeslik bekommerd oor hom en het gesoek na hulp. Tot eendag wat ‘n vriendin vir my gese het dat ek deel is van sy probleem, omdat ek aanhou koop en planne maak om te ‘help’. Ek het besef dat ek banger was vir hom as vir God. Ek het dit bely en hom gekonfronteer. Hy was baie kwaad en het gese hy wil skei. Ek het ‘n psigiater gaan sien om te hoor wat ons kan doen. Hy het vir my pille voorgeskryf vir my depressie en angs en my man ook gesien. Hy het gese dat my man se pille werk en dat hy net minder moet gebruik en dat ons hom elkeen en gesamentlik 3 keer per week moet kom sien teen R1800 per sessie. Ek was so moedeloos, ek wil nie net nog pille kry nie, ek soek ‘n oplossing. Daardie selfde Sondag het Lechi haar lesing by my venue kom aanbied. Ek was gefassineer deur die storie agter die oiles en die hoop dat daar dalk genesing kan kom vir my man. Ek het by haar Trauma Blend, Brain Blend, Sleep Blend, Frankincence en Cedarwood, DNA Protector, Depression Support en Cell Rejuvenation en ‘n diffuser gekry. My man was op ‘n plek waar hy enigeiets sou probeer. Die eerste paar aande het hy vreeslik begin droom (en geslaap). Hy het al vandat ek hom ken, op die meeste 3 ure per nag geslaap en skielik kon hy slaap. Hy kon ook nooit onthou dat hy gedroom het nie. Hy het begin droom. Hy het vertel dat hy droom oor trauma wat hy al van vergeet het en dit was vir hom baie erg. Hy was bang om te gaan slaap. Na bietjie meer as ‘n week het hy gese sy drome het verander en hy het kwaad geraak as ek hom wakker maak, want hy se God praat met hom in sy drome. Hy was op Venor anti-depressante 150mg. In minder as ‘n maand kon hy sy dosis verminder na 37,5mg. Hy se die pille voel te sterk. Nou amper 2 maande later is hy op 2 Concerta per dag, miskien 3 of 4 op stresvolle dae, maar dis soveel beter. Ek is so dankbaar, hierdie is waarvoor ek al bid vir 11 jaar. Ek was deur absolute hel met die man en uiteindelik kan ek sien dat God se beloftes aan my waar word. Dankie Lechi vir jou produkte. Ek het van die begin af my man se siel kon sien, maak nie saak hoe lelik sy gedrag was nie, en sy siel was vir my die mooiste wat ek al ooit gesien het. Sy hele lewe is hy verwerp en sleg gemaak omdat hy al sy lae seer toegemaak het met hardheid. Ek het gevoel die afgelope 5 jaar asof hy iemand is wat verdrink in sy eie seer en nou en dan kom hy op en ek sien lig en dan is hy weer daar onder in die donker gat. Ek het vasgehou maak nie saak hoe moeilik dinge gegaan het nie en almal het my aangeraai om te gaan. Maar ek het ‘n belofte van God gehad en het daaraan vasgehou al het ek familie en vriende verloor wat nie verstaan het nie. My man het nog sy af dae, maar die goeie dae is so vol lig en lewe. Vir die afgelope 3 jaar het hy homself onttrek van die wereld, hy sit net in sy kamer en werk, hy gaan nie uit nie, het niks vriende nie en wil gereeld nie eers bad nie. Ek kan nou uiteindelik lig begin sien deurbreek. Ek kan sien hoe die jare se seer eers oopgekrap en dan deur die blootstelling aan God se lig, begin heel word. Ek is opgewonde want ek voel asof ek kans sien vir more, God het my gebede verhoor en my man is besig om die een te word wat ek nog altyd kon sien onder al die lelike lae van seer. Dit voel asof die 11 jaar wat almal se ek weg gegooi het, alles die moeite werd was.
Copyright © Hadassah Healing Oils 2024, All rights reserved • Powered by GoPeter Hosting