Hi Lechi en Alette
Ek wil net uit die diepte van my hart uit sê baie baie dankie vir die ongelooflike ervaring om deel te kan wees van die Exodus Experience.
Ek sukkel al vir jare met my gewig en niks het so effektief gewerk nie. Ek het 13 Augustus begin en in rondte een het ek 8 kg verloor. Ek het aangehou met die program en staan tans op 11 kg wat ek verloor het. Ek voel soveel beter. Ek lyk beter, slaap beter, my gemoed is beter en al die inflammasie pyne in my liggaam is weg.
Hadassa olies en produkte is net fantasties. Ek het Living Waters, Mineral Infusion, Lymph cleanse, Gut cleanse, Far Burner, Weight Loss olie, Trauma Blend en Energy olie gebruik. Dit is wonderlik om te weet dat dit gesonde en natuurlike produkte is.
Meer as dit het ek het so verdiep in my geestelike lewe en ervaar die Here God soveel meer in my lewe. Dit is net op n ander vlak en ek is so dankbaar om hierdie pad saam met julle te kon stap en steeds te stap. Julle is wonderlike vrouens en so n inspirasie vir soveel vroue wat worstel met so baie vereistes en traumas. Julle beteken so baie en ek wil net se baie baie dankie.
Ek gaan aan hou met hierdie lewensstyl en is ewig dankbaar dat ek die voorreg het om deel te wees van die Exodus Experience.
Al my bewondering en dankbaarheid.
Juanita
Discount Applied Successfully!
Your savings have been added to the cart.