Hi Lechi,
Eerstens, ek is so jammer dat iemand jou wil diskrediteer vir wat jy doen! Jy het vir my soveel beteken, ons ken mekaar nie eers nie, maar jy sal nooit weet wat jy vir my beteken het nie. Daar is eintlik soveel geestelik wat ek met jou kan deel, maar dit wil ek nie graag met my naam deel nie, ek voel tog dat dit belangrik is dat mens ‘n getuienis met ‘n naam ook deel, so ek gaan vir eers net die gewigsdeel met jou deel, daarby kan jy met liefde my naam gebruik!
Na my 2de swangerskap het ek baie gesukkel om gewig te verloor, ek het alles probeer, min eet, baie eet, baie oefen, niks oefen, maar niks wou werk nie. As laaste uitweg, voor ek sou aanvaar dit is maar soos ek moet wees, probeer ek die 40 day reset, nou die Exodus Experience. Ek was eers baie skepties omdat niks anders ooit vir my wou werk nie. Na die eerste 40 dae het ek 10kg verloor. My doel was om 20 kg te verloor, maar ek het nie 20kg swaarder geword in 40 dae nie, so ek het myself tyd gegee. Ek is nou op dag 149 en is 1.5kg weg van die 20 wat ek wou verloor. Ek het tekens gehad van ‘n limfstelsel wat nie 100% reg gewerk het nie, maar dit alles is nou weg!
Ek is jou ewig dankbaar vir die pad wat jy met ons gestap het.
Discount Applied Successfully!
Your savings have been added to the cart.