In Mei het my lewe verander uit gehoorsaamheid oor n woord wat Abba vir my gegee het in die voorafgaande maande. Ek het Hom gevra dat hy my ook kom genees in ligaam, siel en gees. Dit was die begin van n splinternuwe ervaring in my geloof en in my liggaam en gesondheid. Ek is n verpleegkundige en kon nie verstaan hoekom geen dieet ooit die gewenste uitwerking het nie. Die skaal het net bly klim, of ek nou gevas het of geeet het, niks het verander nie. My pad met Lechi en Alette het begin in Julie 2025 toe ek besluit het dat hierdie 40 dae detox met my gees geresoneer het. Ek moes ontslae raak van al die goed wat my siek maak. Op 117kg het dit afgeskop. Dit was swaar en die skoonmaak het begin. Ek kon nie glo hoe sleg ek gevoel het nie, die suiker, koffie, brood,olies, pastas wat ek uitgeskakel het kon sekerlik nie al die efekte gehad het nie. Ek was vir 2 siklusse van 40 dae op geen hadassa produkte want dit was nie n vereiste nie, die kg het in alle geval begin minder word. My brein fog en moegheid, hitte gloede het begin verbeter, ek kon opstaan sonder dat alles pyn. Maag ongemak en pyn het verbeter. Teen Augustus het ek reeds 8kg verloor. Ek het toe begin om hormoon, fatburn, detox tee te gebruik, my opelyf was problematies en my gut health moes begin herstel. Ek het frankincense en mirri oli begin gebruik en dit het onmiddelik alle pyn en ongemak begin aanspreek. Ek het die gut protokol bygevoeg en ek kan verseker sê dat elke dag gaan dit beter en die genesings proses vind dag vir dag plaas, ek leer my liggaam ken en ek het ook deur die proses n meer real pad met Jesus begin stap. Hy bring daagliks dinge na die opervlak wat ek nooit besef het n seer agter gelaat het nie. Ek het baie jare gelede n hebreuse letter ontvang en kon nooit verstaan waaroor dit gaan tot ek aan die hebrew letter oli bekend gestel is nie, ek het dit begin gebruik in my stilte tyd en wanneer ek gaan werk het, en ek besef dit is n openbaring wat in proses is. As die Gate of life begin ek beter verstaan as hospice suster en ervaar ek sy teenwoordigheid baie meer in my werk. Sedert ek begin het op n 117kg is ek vandag 103kg daar lê nog baie afskud werk voor maar JHVH se genade is nuut elke dag. Ek weet dat ek weet dat hierdie n geskenk is uit sy hand vir n tyd wat Hy self Sy bruid kom purify, vlekloos en vry van aardse oplossings. Danki Lechi vir jou opregte omgee en liefde en dat jy Sy waarheid met ons deel oor ons liggaam as n temple van Sy teenwoordigheid. God in us the hope of glory.
Elna
Discount Applied Successfully!
Your savings have been added to the cart.