Testimony: Ek kon die afgelope 3 jaar na 40 nie gewig verloor nie. Inteendeel het ek bly optel. Ek het Sharny en Julius se program gekoop (baie dieselfde as die Exodus maar sonder die geestelike komponent) ek het ook Carnivore en keto probeer met min sukses. Ek het ook chronies vir 2.5 maande nekpyn gehad voordat ek die Exodus experience op 13 Aug begin het. Op dag 3/40 het my nekpyn heeltemal verdwyn. Hartkloppings, uitasem ens alles weg. Het ook 10kg in ongeveer 50 dae verloor. Ek het baie van die Hadassah produkte gebruik en spesifiek ‘n groot verbetering ervaar met Copper restore. Dit was lewensveranderend! Ek het met woede en frustrasie gesit wat ek na God toe moes vat in plaas van kaaskoek in my mond druk. Die deurslaggewende aspek was die geestelike beginsels, leiding en openbarings wat my deur die tyd losgemaak het. Ek sal dit vir enige iemand aanbeveel. Twee van my vriendinne het in die 22 Sept groep deelgeneem en ‘n ander een is tans besig met 3 ander vriendinne in die 1 Nov groep. Jana Nieuwenhuizen – Potchefstroom
Discount Applied Successfully!
Your savings have been added to the cart.