More Lechi!
Ek wil net so bietjie terugvoering gee oor my “experience”.
Ek maak vandag klaar met my 3de rondte 40 dae.
24.1kg en -73cm ligter! Ek het níks verkeerd geeet in die tyd, net water en detox tee gedrink. Net biltong as snack. Ek het jou detox tea, mineral infusion en living waters, asook parasite detox gedoen.
Ek lyk nie net soos n ander mens, maar ek voel ook so. (My man stem saam!) Ek is nie net fisies ligter, maar ek voel ligter van binne..skoner en reiner van hart en gees. Die deel van my wat “weg” is was kwaad en geitteteerd, en net ontevrede met almal en alles om my.
My hormone en my nervous system is heeltemal gereset.
Ek het 4 kinders tussen die ouderdom van 12-4. Ek tuisskool en het my eie besigheid, en boerdery tussendeur..so dit gaan partykeer maar besig in ons huis.
Na my laaste keiser was my hormone van die begin af HEELTEMAL deurmekaar en ek het heeltyd na n oplossing gesoek om dit reg te kry. Ek kyk ook holisties en geestelik na alles; maar níks wou werk. Ek is van nature lief vir oefen en draf, maar níks sukses al het ek hoé hard probeer. Dit het was “disheartening” en ek het later net moed opgegee.
Ek is vir julle EWIG dankbaar. Julle program en wie julle is, wat julle bied is lewensveranderend.
Julle vervul jul Goddelike roeping.
Ek deel met jou my before en after, asook my storietjie, maar ek wil dit nie graag publiek maak. So ek vertrou dat dit net by jou sal bly.
Ek gaan van more af begin stabilize voor die “groot dae”.
Ek is redelik op my senuwees, en is nie seker hoe my liggaam en ek! gaan reageer op die nuwe normaal en nuwe kosse nie.
Alle voorspoed met julle pad vorentoe.
Groete Petra