Hi Leichi. My naam is Luzan. Ek is op die 40 dae op die oomblik. Net ‘n amazing getuienis gou vertel. Ek is baaaaaie oorgewig. Het al ALLES probeer. Hierdie net gedoen uit desperaatheid. My skaal is een van daai wat vet ens weeg, maar hy weeg my nie, want hy weeg net tog by 150kg🫣So hoeveel ek weeg, die weet ek nie. Maar ek het my gemeet toe ek begin het. Elke oggend klim ek op die skaal om te sien, weeg hy my al. Heellaas nie. Gister oggend was ek so moedeloos. Die vyand val my aan met goed soos, niks het nog ooit gewerk nie, hoekom sal die werk….Jy gaan net weer fail….ens ens. Toe besluit ek, kom ek meet my weer. En raai, 37cm!!! Ek moes alles 2x meet, want ek het gedink ek meet verkeerd. Ek is overall 37cm af. 🥳🥳🥳🥳 Hopelik sien ek dit op die skaal binnekort. Dit sal help. Maar nou, is dit ‘n ligpunt. Ek voel great. Ek slaap beter. Ek oorkom versoekings soos nog nooit tevore. Ek het nou die aand ‘n funksie bygewoon met DIE LEKKERSTE eetgoed like ever!! My lus het uitgehang, maar ek het nie 1 verkeerde ding geëet nie. Ek was so trots op myself. Nog baie lus vir soetgoed, maar komende van iemand wat elke dag chocolate geëet het en tussen 5-10 bekers koffie gedrink het, dink ek doen ek goed. Ek doen my 1 koffie in die oggend (bone). Ek wou net share en sê dankie vir al jou inspirasie en blessing elke dag.
Discount Applied Successfully!
Your savings have been added to the cart.