Ek was deel van die groep wat 13 Augustus begin het met die Detox. Nadat ek 34 jaar gelede gediagnoseer was met tipe1 Diabetes, het my gewig geleidelik toegeneem. Die insulien bou verseker en laat jou gewig optel. Ek is lank (1,75m) en was altyd baie skraal met ‘n gewig van gemiddeld 59kg. Na al die gewigstoename, kon ek net nooit weer gewig verloor nie, maak nie saak wat ek geeët het nie. Ek het geglo dat die suikerbeheer absoluut tussen 4 en 8 moet wees om enigsins gewig te verloor. Vir al hierdie jare moes ek vrede maak met die ekstra 5kg wat my soos ‘n reus laat voel het. Ek het alles in my vermoë gedoen om my suiker te beheer. Tevergeefs! Ek het vir 34jaar geen gewig verloor nie, amper nooit in ‘n spieël gekyk of ooit op ‘n skaal geklim nie en eintlik so gegril vir my liggaam.
Aan die begin van die jaar het ek ondersoek ingestel na die karnivoor dieët. Ek sou die vleis kon eet, maar glad nie die vet nie. Dit sou glad nie vir my kon werk nie. Later het ‘n vriend van ons ‘n 12 dae watervas gedoen en 10kg verloor. As gevolg van die suikersiekte en 24uur insulien wat werk, kan ek nie vas nie. In Julie het ek gehoor van die Exodus experience en besluit om dit te probeer.
Ek het tydens die 40dae 4,6 kg verloor wat my weer normaal en gemaklik in my lyf laat voel het op 59,35kg. Ek kan nie genoeg dankie sê vir hierdie wonderlike program nie. Ek kon elke oggend nie wag vir die gebed van Lechi nie. Die inligting wat sy daagliks gedeel het, was so waardevol. Dit het gehelp om my bevoeg te maak om ‘n beter rentmeester van my liggaam te wees. Die genade van die Here was oorweldigend. Die genesing in my liggaam met ‘n minder insulien behoefte was wonderlik. My metabolisme het vir die eerste keer in 34 jaar uit die dood herreis en werk nog steeds. Ek het na my 40 dae detox weer begin wyn drink, souse op kos eet en af en toe ‘n soetding. Ek eet egter nog steeds baie min koolhidrate. My gewig is nog steeds stabiel. Wat ek egter nog glad nie geeët het vanaf Augustus, is cheddar kaas. Ek was altyd baie lief daarvoor en het daagliks baie daarvan geeët. Ek mis dit egter glad nie.
Baie, baie dankie Lechi en Alette!!! Hierdie is ‘n God gegewe taak wat julle beide met soveel uitmuntendheid doen. Julle help soveel mense met diep genesing. Die vet is net ‘n bysaak. Diep innerlike herstel en verdieping met jou verhouding met die Here, is waaroor dit gaan. Doen so Voort!!!
Jeanne van Zyl