Restoring of the DNA of the Bride

Condition:

Thyroid

Testimony:

Hier is my getuienis. Ek was in 2021 vir ‘n ondersoek by my ginekoloog en hy het my meegedeel dat ek ‘n ooraktiewe skildklier het en dat die teenliggampies veroorsaak dat die skildklier aangetas word. My skikdklier op daardie stadium was 5.9.

‘n vriendin van my was by een van jul seminare en het ook van julle olies gekoop en gesê dit werk werklik en dit aanbeveel. Ek wou nie op hormoon vervangings gaan nie en wou eerder iets natuurlik gebrui dis toe dat ek besluit het om jul Thyroid blend en hormone balance te probeer oor 2 maande en dan weer vir bloed toetse te gaan om te sien of dit nie ‘n verskil kan maak nie. So het ek getrou die Thyroid blend in die dag gedrink en ook in aand aangesmeer en hormone blend ook in die aand geneem. Ek het soveel beter gevoel soveel minder gloede, selfs my gemoed en my hele menswees was beter want jong hierdie hormone tas mos maar ons vrouens se hele gemoeds toestand aan.

Ek voel weer my ou self en my gemoed is soveel ligter en ek voel nie meer so moeg nie en het weer ‘n lus en hoop vir die lewe. En so doen ek toe weer my 2de stel skildklier bloedtoetse na net 2 maande op die olies. My skildklier het afgekom van 5.9 na 3.1 ek was regtig baie verbaas en so verlig. Vir my was hierdie regtig ‘n blessing. Nie net het dit my skikdklier en gemoed herstel nie maar ook die vibrasie in my voete wat ek elke nou en dan gekry het is ook heeltemaal weg en ek voel sommer net stukke beter gesondheid gewys.

Ek kan regtig die produkte aanbeveel vir enige iemand dis regtig die moeite werd om te probeer en dis soveel gesonder en beter vir jou liggaam. Dit het my regtig gebless. En mens se gesondheid is regtig belangrik want dit loop oor na jou geestelike lewe ook. Mag God jul bediening bless en jul grond gebied vergroot.

Ek is regtig dankbaar vir my vriendin en vir julle.

Baie seën.

Images:

Videos:

Contact Person:

Cindy Grobler

Contact Details:

Protocal to follow:

Products Used:

The Courier Guy