Throat Cancer
Getuienis: Keelkanker. Hi Lechi. Ek is op 10 Des 2021 met stage 3 keelkanker gediagnoseer. Ek het ‘n chemo poort gekry en 3 chemo sessies ontvang.
Op 7 Maart 2022 het ek ‘n operasie gekry waartydens die gewas uitgesny is. Die limf rondom die gewas wat uitgesny is het positief getoets vir kanker. Die PET scan het gewys dat die limf agter my linker nier ook aktief wys vir kanker. Ek is toe geboek vir nog 6 sessies van chemo, drie weekliks. Net voor my 1e chemo het Antoinette my kom besoek en vertel dat sy by jou seminaar was hier in Polokwane.
Toe sy my begin vertel van jou olies het my gees dadelik reageer, en het ek begin huil. Ek het toe gebid en besluit om die olies en die chemo gelyktydig te doen. Ek het die volgende gebruik: Cancer and Tumor blend, DNA Protector, Frankincense/Myrrh Blend, MZN, Oil Pulling Mouth Healer en Spinal Therapy. Ek het elke keer as ek dit gebruik vir die Here gebid en Hom gedank vir Sy genesing. Voor elke chemo sessie moes ek bloed trek. Met my 2de besoek aan die onkoloog het hy gesê my bloed toets wys my nierfunksie het baie verbeter. Met my 3 de besoek, het hy gesê my lewerfunksie is so goed dat ek die comrades kan gaan hardloop. Dit alles terwyl ek chemo ontvang het wat bedoel is om goeie en slegte selle dood te maak, en mens se liggaam af te breek. Ek het op 5 September 2022 my laaste chemo ontvang, en op 12 September weer ‘n PET scan gekry. Hierdie PET-scan het gewys ek is 100% kanker-vry! Lechi, baie dankie vir jou wat na die Here se stem luister en gehoorsaamheid, en Antoinette wat my kom vertel het. Alle lof en Eer aan ons Abba! Liefde
Copyright © Hadassah Healing Oils 2022, All rights reserved • Powered by GoPeter Hosting