Verlede jaar op 36 het ek vir eerste keer ‘n velsorg produk ontmoet…..wat wonders verrig!!
Ek het verlede jaar begin om die Anti-aging Cream en Anti-aging Oil te gebruik waar ek elke 2de aand, die anti anging cream as dun lagie (baie dun) op gesig te smeer met ‘n kwassie nadat gewas is soos ‘n masker en so te los tot dit intrek ….. fantastiese resultate!!!!!!
Ek het veral op my wange merkies gehad wat agter gebly het van ‘n tiener probleem vel, en aan kante op slaap area. Langs my oë en op my voorkop was diep plooitjies en om oë, na ek baie siek was vanaf 2015.
In Nov.2020 kry ek kennis te make met Face-to-face Toner van Lechi, toe vind daar net meer wonders vinniger plaas soos die selhernuwing, groei en herstel toeneem!!!!!!
My vel is en lyk gesond, verfris en die 1 of 2 knoppies wat ek nog op 37 sou kry op ken area tydens my maandstonding is ook iets van die verlede, my vel het die mooiste kleur want bloedsirkulasie word so goed gestimuleer deur hierdie produk!!!
Pigmentasie wat wou begin kop uitsteek is ook opgeklaar!!!
Dankie liefste Lechi vir jou as salfmenger en vir jou gehoorsaamheid om ons as Bruid voor te berei vir ons Bruidegom.
Copyright © Hadassah Healing Oils 2022, All rights reserved • Powered by GoPeter Hosting