Restoring of the DNA of the Bride

Condition:

Pancreatic cancer

Testimony:

My Ma is einde Oktober gediagnoseer met Pankreaskanker. Ek was toe reeds in verbinding met Lechi. Sy het my oor die afstand mbv baie oproepe en boodskappe (Dankie Lechi!!) begin help met my eie journey met ‘n spinale koord besering (Spinal Therapy gebruik)

Ons het mekaar dus reeds goed geken. Ek het haar dadelik gekontak om te hoor watter olies ons vir my Ma kan kry om haar te help. Lechi het onmiddelik ‘n pakkie saamgestel, en gereël dat dit by hulle voordeur afgelewer word. My Ma het agv die tumor – nie opereerbaar nie – baie abdominale pyn; asook pyn om die ribbes en erge rugpyn ervaar. Ons het haar dadelik begin smeer met die olies elke keer wanneer sy die ontsaglike spierspasmas en pyn ervaar het. Dit het élke keer binne ‘n paar minute vir haar verligting gegee. Soms meer as die skedule 5 pynmedikasie!!! Die olies wat ons aangesmeer het is o.a: Lechi se Pain Blend asook die Cell Rejuvenation.

Lechi het ook vir haar olies gemeng wat sy elke aand in haar diffuser sit en snags aansit. Dit help om haar te kalmeer, en rustig te laat slaap.  Dié blends is: Trauma Blend, Depression and Anxiety Blend en dan ‘n blend bestaande uit: Frankincense en  Lavender. Daar het toe sommer ook ‘n tweede getuienis (onverwags!) hieruit gevloei!!

My Pa gebruik al vir jare lank elke aand ‘n halwe slaappil. Hy hou egter nie daarvan om afhanklik te wees van die pil nie, en drink dit slegs indien hy in die vroeë oggendure wakker word en sukkel om weer aan die slaap te raak. Hy het egter mbv hierdie diffuser nie eenkeer wakker geword nie, en dwarsdeur geslaap. My Ma se diagnose was natuurlik vir hom ook ‘n baie groot skok en kon sien dat die olies hom ook rustiger gemaak het.

Ons het ook ‘n derde ontdekking gemaak. My Ma sukkel ook daagliks met erge naarheid. ‘n Newe-effek van die behandeling. Ons het toe ‘n paar druppels Peppermint in ‘n roll-on botteltjie gegooi saam met ‘n “carrier olie” (sommer coconut olie) en dit op haar bolip aangewend wanneer sy so verskriklik naar was. Dit het regtig baie gehelp om die naarheid te uit te blus!

Alhoewel my Ma steeds hard veg teen die kanker; wéét ons dat hierdie olies ‘n baie noodsaaklike en groot groot blessing en wapen is in hierdie geveg!!! Ons gee Alle eer aan die Here en dankie Lechi vir al jou hulp, tyd en moeite wat jy tot dusvêr afgestaan het om ons te help met jou raad, jou liefde en jou gebede!!! Jy gee werklik om en is ‘n groot groot blessing in ons lewe!!

Images:

Videos:

Contact Person:

Contact Details:

Protocal to follow:

Products Used:

Cell Rejuvenation Oil Blend 30ml
R380.00 Incl. VAT
Coconut Carrier 30ml
R100.00 Incl. VAT
Depression and Anxiety Diffuser Blend 10ml
R400.00 Incl. VAT
Frankincense 10ml Pure Oil
R490.00 Incl. VAT
Frankincense 5ml Pure Oil
R250.00 Incl. VAT
Lavender 10ml pure oil
R290.00 Incl. VAT
Pain Oil 30ml Blend
R350.00 Incl. VAT
Peppermint 10ml Pure oil
R190.00 Incl. VAT
Trauma Diffuser 10ml Blend
R500.00 Incl. VAT
The Courier Guy