Ons het onlangs by my dogter in die Kalahari gaan kuier. Die plaas is 28km Noord van die naaste piepklein dorpie en 225km Noord van Upington. Ons het een aand lekker om die vuur gesit en kuier toe my niggie (middeljarig maar blakend gesond) sonder n verklaarbare rede baie sleg begin voel. Intense pyn op die krop van haar maag met die gepaardgaande gevoel van benoudheid. Sy het gaviscon in hulle noodhulpsakkie gehad en het reeds twee gesluk sonder enige resultate. Ek kon sien dat sy regtig in die knyp is en het voorgestel dat ons na my dogter se woonplekkie gaan om iets te gaan soek wat sal help vir die pyn en sleg voel. Ek het n Frankinsence en Myrrh Blend in haar hand gedrup met 2 druppels lemongrass essential oil. Sy het dit ingevryf oor haar krop en buik waar sy so sleg gevoel het en ons het teruggestap na die kampterrein. Ek het na sowat 5 minute gesien dat dit lyk of sy ontspan en gevra of sy beter voel. Sy sê toe sy ervaar n tinteling op haar vel maar die pyn en ongemak is aansienlik beter. Ons het nog 2 nagte daar oorgebly en sy het glad nie weer enige pyn/ongemak ervaar nie. Ek was so dankbaar vir die olie wat ek byderhand gehad het en besef net weereens die veelsydigheid en waarde daarvan.
Copyright © Hadassah Healing Oils 2024, All rights reserved • Powered by GoPeter Hosting