Restoring of the DNA of the Bride

Condition:

Fibromyalgia

Testimony:

Hier is my storie. Het erge pyn in my arms begin ervaar na covid terwyl ek swanger was. ‘n Traumatiese kraam wat gelei het tot ‘n histerektomie, en blaas wat herstel moes word.

Die gewrigspyne en armpyne het erger geword, na klomp toetse het hulle vermoed dis rheumatoid arthritis wat ek by my ma geërf het, het alles skoon terug gekom.

Maande met pyn geleef, ma van 3 seuns, en moes aangaan. Dae wat ek nie kon opstaan nie, alles gepyn van kop tot tone, elke gewrig, spier, en vel wat gevoel het of my hele lyf brand. Naarheid dat ek nie kon eet nie, dus ook baie gewig verloor.

Twee dokters het my gediagnoseer met Fibromyalgia. Die medikasie het my maag gebrand, en my in ‘n beswyming gesit. Ek’t gesukkel om te bestuur, en my daaglikse take te verrig.

Na ‘n vriendin my vertel het van Hadassah se olies, het ek begin bid. Eendag toe ek op my laagste was, en gehuil het saam my moeder by die Here se voete oor die pyn. Het sakke en donker kringe onder my oë gehad. Hadassah het in my hart opgekom. Net daarna het my vriendin weer ‘n boodskap gestuur, om my herinner om vir Lechi te kontak.

Ek kon nie al die olies en behandeling bekostig wat Lechi vir my voorgeskryf het nie, maar ek het begin met die Inflammation Blend en Joint Support (Arthritis). Het die veggie caps gevul met helfte van elkeen van hierdie blends, en tussen 2 tot 3 op ‘n dag begin drink. Ek het ook die Fibromyalgia roll-on aangesmeer oor die dele wat die ergste gepyn het.

Het begin vas en bid sodat God vir my kan oopbreek waar die pyn vandaan kom. Hy het vir my Jesaja 43:1 gegee : But now, this is what the Lord, your Creator says, O (Annika), And He who formed you, O Israel, “Do not fear, for I have redeemed you [from captivity]; I have called you by name; you are Mine! Dit het my laat besef wie ek is in die Vader. Ek het die hele teks ontleed, elke woord het vir my ‘n revelation gegee oor wie ek is, en wie God my gemaak het om te wees. Ek is Syne.

Intussen het die pyn effens verbeter. Oor ‘n tydperk van 2 weke het ek ‘n groot verskil ervaar. Die donker kringe onder my oë was ligter, ek kon aangaan sonder te veel pyn, ek kon ‘n panado drink vir die pyn, en die sterk pyn medikasie verminder. Na 4 weke het ek myself begin speen van die chroniese medikasie.

Eendag was ek siek van ‘n maag virus, vir 4 dae, en dis toe dat ek besef, dat ek dat geen pyn het nie, sonder die gebruik van medikasie of olies. Na 8 weke was ek af van my chroniese medikasie, en ek het die olies gedrink of aangesmeer slegs soos en wanneer nodig vir pyn, vir nog 4 weke.

Nou drink ek net die Arthritis Herbal Capsules so af en toe, en die Inflammation Blend en Joint Support (Arthritis) ook net wanneer ek pyn ervaar. Die Here is nog besig om ‘n pad met my te stap. Ek is dankbaar dat Hy ons geseën het met die olies en die pad van genesing wat Hy met my stap.

Annika

Images:

Videos:

Contact Person:

Annika

Contact Details:

Protocal to follow:

Products Used:

Arthritis 120 Capsules
R350.00 Incl. VAT
Empty Veggie Capsules 150’s
R120.00 Incl. VAT
Empty Veggie Capsules 90’s
R80.00 Incl. VAT
Fibromyalgia Roll-on 10ml A
R250.00 Incl. VAT
Inflammation Oil 30ml Blend
R400.00 Incl. VAT
Joint Support Arthritis Oil 30ml Blend
R380.00 Incl. VAT
The Courier Guy