Was bevoorreg om in 2006, in Zambië te kon help as Arbeidsterapeut, met toegankliheid vir gestremdes in skole en klinieke. Ons groep was gegun om “river rafting” te gaan doen op die Zambezi rivier.
Ek het ‘n maag gogga opgetel, en van daar af was my gesondheid nooit weer dieselfde nie. Toetse en gereelde hospitalisasie was aan die orde van die dag. Klomp diagnoses was gemaak wat by simptome gepas het; hashimoto tiroïditis, IBS, hipo kalemie, yster tekorte, migraines ens.
Ek het verskriklik gesukkel om te eet, was laktose en gluten intolerant, geen groentes of vrugte het regtig meer met my geakkommodeer nie, moes verskriklik baie aanpassing maak deurentyd. Abba Vader het my geleidelik begin bekend maak met essensiële olies van 2018, maar my temperament is van so aard dat ek nie verandering maklik implimenteer nie. Ek het bewyse nodig vir myself. Op 18 Junie 2022 het ek en my gesin ‘n werkswinkel van Lechi bygewoon, waar sy ons uitgenooi het om ons simptome te aan haar te noem, en dan skryf sy ‘n protokol (hoe om en wat om te gebruik) voor. Sy het gemeld van gebruik van olies vir ten minste’ n jaar in sommige gevalle. Ek het by haar gaan sit, en werklik beleef hoe Heilige Gees deur haar werk, en het die olies aangeskaf wat sy voor geskryf het. Ek het ook haar ma se boek (Met my God spring ek oor ‘n muur – Christa van Rooyen) begin deurwerk, en werklik YHWH se leiding ervaar.
Aangesien ek reeds op baie verskeie chroniese medikasie was, het ek olies eers saam met medikasie geneem. Ek’t werklik beleef hoe YHWH my lei om alle chroniese medikasie te los. My vlees het gedink om alles vir die maand klaar te gebruik, want ek het dit nou betaal (groot bedrag per maand), en vervolgens net nie die voorskrif te herhaal nie.
Tydens een van my stilte tye saam YHWH hoor ek hoorbaar: “Jy is nou besig om mammon te dien, en my nie te vertrou nie!” ek het onmiddellik alle chroniese medikasie gestaak.
Na 3 maande het ek bloede laat toets, om op te volg, maar nog nie beduidende verbetering nie, YHWH het net gesê: “Vertrou my!” Ek het aan gegaan met die protokol van Hadassah Healing oils. (sien heel onder wat ek alles gebruik het)
Vanjaar einde Junie 2023, ‘n jaar later het ek weer bloede laat toets (sien aangeheg), en alle merkers het dramaties verbeter. My GP het by alle diagnosis genoteer “GENEES”. Sjoe dis die amazingste ervaring en geloofspad om te stap. Ek kan weer alles eet, soos normaal, en ek funksioneer soos YHWH my oorspronklik geskape het.
Alle eer aan YHWH vir my volkome genesing, en alle eer aan YHWH vir Lechi, en haar gehoorsaamheid in haar roeping.
Shalom,
Eloise (Bloemfontein)
Het die volgende gebruik :
Fire Tonic and Kombucha Vinegar in die oggend asook 1 kapsule elk van die Parasite Cleanse, en Gut Cleanse.
In die aande, 1 kapsule elk van die Thyroid Support Blend en DNA Protector. Het ook ‘n paar druppels van die Thyroid Support Blend in die oggend, en aand oor my skildklier gesmeer.
In die aand het ek Depression and Anxiety Blend asook Trauma Blend diffuse. Later het ek Hormone Balance en Weight Loss begin gebruik.
Copyright © Hadassah Healing Oils 2024, All rights reserved • Powered by GoPeter Hosting